Isaiah 29:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die menigte van jou vreemdelinge sal wees soos klein stof, en die menigte van die gedug soos kaf wat verbygaan; ja, dit sal skielik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar skielik sal die genadelose vyande weggedryf word soos kaf voor die wind.
Afrikaans 1933/1953 Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.
Afrikaans 1983 Maar die hordes vyande wat jy het, sal word soos fyn stof, dié wrede hordes sal soos kaf weggewaai word. Skielik, in 'n oogwink,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die menigte vreemdes by jou sal soos fyn stof word, en soos kaf wat verwaai die menigte geweldenaars. Dit sal heel onverwags gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wrede mense wat ander mense verdruk het in die stad, sal soos fyn stof word, soos kaf wat wegwaai. Dit sal skielik gebeur, so vinnig soos 'n mens sy oog knip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar al hierdie wrede vyande wat in hulle hordes op jou toegesak het, sal soos fyn stof in die wind weggewaai word,