Isaiah 29:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy sal neergewerp word en uit die grond spreek, en jou spraak sal laag uit die stof wees, en jou stem sal wees, soos van een wat 'n bekende gees het, uit die grond, en jou spraak sal fluister uit die stof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou stem sal wees soos die gefluister van ’n spook wat uit die aarde kom, uit die stof waar jy begrawe lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos die van die gees van 'n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal val, jy sal uit die grond uit praat, jou woorde sal dof uit die stof uit opklink, jou stem sal uit die grond uit kom soos dié van 'n spook, jy sal uit die stof uit mompel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal verneder wees, uit die grond sal jy praat, uit die stof sal jou woorde gedemp wees. Soos dié van 'n waarsêergees, sal jou stem uit die grond kom, en uit die stof sal jou woorde gefluister word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal die stad verwoes. Die mense in die stad sal sterf. Hulle sal sag uit die grond praat soos 'n spook wat fluister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerusalem sal soos ’n lyk wees wie se gees onder uit die graf uit probeer praat, ’n spookstem wat uit die grond uit mompel. |