Isaiah 29:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as hy sy kinders, die werk van my hande, in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig en die Heilige van Jakob heilig en die God van Israel vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle rondom hulle die baie kinders en seëninge sien wat Ek hulle gegee het, sal hulle die heiligheid erken van die Heilige van Israel. Hulle sal in ontsag opstaan voor die God van Israel.
Afrikaans 1933/1953 want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;
Afrikaans 1983 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want wanneer hulle hulle kinders, die werk van my hande, in hulle midde sien, sal hulle my Naam heilig. Hulle sal die Heilige van Jakob se heiligheid erken, en vrees koester vir die God van Jakob.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, wanneer hulle sien hoe baie hulle geword het, dan sal hulle my heilige Naam eer. Hulle sal My eer en dien. Ek is die heilige God, die God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want as julle die kinders sien waarmee Ek julle gaan seën, sal julle my heiligheid eer en erken dat Ek die heilige God van Israel is. Julle sal verbysterd staan voor My, die God van Jakob.