Isaiah 29:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE, wat Abraham verlos het, aangaande die huis van Jakob: Jakob sal nou nie beskaamd staan nie, en sy aangesig sal nou nie bleek word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis hoekom die Here, wat vir Abraham gered het, vir die mense van Israel sê: “My volk sal nie bleek word van vrees nie. Hulle sal nie skaam wees nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;
Afrikaans 1983 So sê die Here, Hy wat vir Abraham verlos het, Hy sê oor Jakob: Die nageslag van Jakob sal hulle nie meer hoef te skaam nie, hulle sal nie meer bleek van verleentheid hoef te word nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Here vir die huis van Jakob, Hy wat Abraham gered het: “Nou sal Jakob nie meer beskaamd staan, sy gesig nie meer bleek word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom praat die Here met die nageslag van Jakob. Die Here wat vir Abraham gered het, sê: “Die volk Israel sal nie meer skaam wees nie, hulle sal weet wat om te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here, wat vir Abraham verlos het, vir die nageslag van Jakob: Julle sal nie verder verkleineer word of skaam hoef te kry oor wie julle is nie.