Isaiah 29:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat 'n mens 'n oortreder maak vir 'n woord en 'n strik lê vir hom wat teregwys in die poort, en die regverdige afwyk vir niks.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat onskuldiges skuldig bevind het met hulle valse getuienis, sal verdwyn. Die mense wat met ’n bedriegspul die reg omgedraai het en leuens vertel het om onskuldiges af te kraak, sal nie meer bestaan nie.
Afrikaans 1933/1953 hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.
Afrikaans 1983 ook dié wat sommer mense tot oortreders verklaar het, strikke gespan het vir dié wat reg wou laat geskied, en onskuldige mense hulle reg ontneem het deur vals getuienis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle wat mense deur woorde as sondaars brandmerk, wat strikke stel vir dié wat mense in die stadspoort teregwys, en wat oor nietighede regverdiges dwarsboom voor die gereg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die mense wat sê iemand wat niks verkeerd gedoen het nie, het verkeerd gedoen. Hulle keer wanneer iemand die mense wil straf wat verkeerd doen, hulle wil mense straf wat reg lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ook die mense wat ander vals van misdaad beskuldig en onskuldige mense aan die pen laat ry met hulle vals getuienis.