Isaiah 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die verskriklike word tot niet gemaak, en die spotter word verteer, en almal wat na ongeregtigheid waak, word uitgeroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense wat ander geïntimideer en geteister het, sal weg wees. Almal wat komplotte gesmee het, sal doodgemaak wees.
Afrikaans 1933/1953 Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is --
Afrikaans 1983 Daar sal nie meer wreedaards wees nie; dit sal klaar wees met die ligsinniges, elkeen wat altyd gereed was om onreg te doen, sal uitgeroei word,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want gewelddadiges is nie meer daar nie, en spotters is tot niet; almal wat gereed staan om onreg te doen, word uitgeroei –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want daar sal nie meer wrede mense wees wat spot en wat aanhou verkeerd doen nie. Hulle sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal die einde wees van die wreedaards en die ligsinnige mense. Almal wat daarop uit was om kwaad te doen sal uitgeroei word,