Isaiah 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal Ariel benoud maak, en daar sal bekommernis en droefheid wees, en dit sal vir my wees soos Ariel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek bring ramp na ramp oor jou. Hulle sal baie oor jou huil. Want Jerusalem sal word soos sy naam beduie: ’n altaar vol bloed. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal Ek Ariël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Ariël wees. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal Ariël beleër en daar sal ellende op ellende in hom wees, hy sal vir My 'n vuurmaakplek wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sal Ariël in benoudheid bring, sodat daar verdriet en droefheid sal wees. Dan sal sy vir My soos 'n vuurherd wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal die stad laat swaarkry, en die mense sal huil en treur. Die stad sal vir My die plek wees waar Ek vuurmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek Jerusalem in ’n hoek dryf. Daar sal baie swaarkry en hartseer in hierdie stad wees. Die hele stad sal soos ’n offeraltaar met bloed bedek wees. |