Isaiah 29:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook sal die sagmoediges hulle blydskap in die HERE vermeerder, en die armes onder die mense sal bly wees in die Heilige van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Nederige mense sal vol wees van blydskap wat van die Here af kom. Arm mense sal bly wees oor die Heilige van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
Afrikaans 1983 Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here, die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Magteloses sal weer vreugde ervaar in die Here, en behoeftige mense sal juig oor die Heilige van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die arm mense wat nou swaarkry, sal dan weer bly wees omdat die Here by hulle is, die Heilige God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat nog altyd afhanklik was van die Here sal nuwe vreugde saam met Hom beleef, en die arm mense sal bly wees oor wat die heilige God van Israel vir hulle gedoen het.