Isaiah 29:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal die dowes die woorde van die boek hoor, en die oë van die blindes sal sien uit duisternis en uit duisternis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal dowe mense hoor hoe daar uit ’n boek gelees word, en blinde mense sal deur die somberheid en donkerte kan sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal die dowes kan hoor wat daar in die boek staan, en sal die blindes weer kan sien uit die donker, uit die duisternis uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dowes sal op daardie dag die woorde van 'n boekrol hoor. Sonder donkerte en duisternis, sal die oë van blindes sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense wat nou doof is, maar daardie dag sal hulle die woorde hoor wat geskryf is in die boek wat verseël was, en die blindes sal kan sien, hulle sal nie meer in die donker wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd sal dowes kan hoor as daar uit ’n boek voorgelees word; blindes wat hulle lewe lank in die donker van blindheid vasgevang was, sal kan sien. |