Isaiah 29:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit nie nog 'n baie kort tydjie nie, en die Líbanon sal verander word in 'n vrugbare veld, en die vrugbare veld sal geag word soos 'n bos?
Afrikaans (NLV) 2011 Baie gou, binne ’n kort tydjie, sal die wildernis van die Libanon verander in ’n vrugbare veld. En die vrugbare velde sal ’n lowerryke bos word.
Afrikaans 1933/1953 Sal dit nie nog 'n baie kort rukkie duur dat die L¡banon in 'n vrugteboord verander word, en die vrugteboord vir 'n bos gereken word nie?
Afrikaans 1983 Nog net 'n baie kort tydjie, dan verander die Libanon in 'n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir 'n bos aangesien word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie nog net 'n rukkie nie, dan verander die Libanon in 'n vrugteboord, en word die vrugteboord as 'n bos beskou?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal nie lank wees nie, dan sal alles verander: Die bome in die Libanon-bos sal vrugtebome word en op die Karmel-berg sal 'n bos bome groei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is nie meer lank nie, dan sal die wildernis waarin die Libanon verander het, weer ’n vrugbare gebied wees. En die landerye sal so vrugbaar wees dat dit wat daarop groei vir ’n bos aangesien sal word.