Isaiah 29:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat diep soek om hulle raad vir die HERE te verberg, en hulle werke is in die duisternis, en hulle sê: Wie sien ons? en wie ken ons?
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag verseker vir hulle wat probeer om hulle planne vir die Here weg te steek. Hulle probeer om hulle dade in die donker weg te steek en sê: “Die Here kan nie sien wat ons doen nie!” Julle sê vir julleself: “Hy weet niks wat aangaan!”
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat planne vir die Here diep wegsteek! Hulle dade vind in die donker plaas, en hulle sê: “Wie sien ons en wie ken ons?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met mense wat dink hulle kan hulle planne wegsteek sodat die Here dit nie uitvind nie. Dit sal sleg gaan met mense wat dinge in die donker doen en wat dink die Here sien hulle nie, hulle dink die Here weet nie wat hulle doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag groot probleme op dié wat dink hulle kan hulle planne vir die Here wegsteek deur in die donker te konkel. Hulle dink by hulleself: “Niemand weet van ons nie, hulle kan nie sien wat ons doen nie.”