Isaiah 29:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek sal voortgaan om 'n wonderlike werk onder hierdie volk te doen, 'n wonderlike werk en 'n wonder, want die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige manne sal verborge wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil. |
| Afrikaans 1983 | Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, kyk, Ek sal voortgaan om op 'n wonderlike, wonderbaarlike manier met hierdie volk te handel. Die wysheid van hulle wyses sal tot niet gaan, en die insig van hulle verstandiges sal verborge bly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hoekom Ek nou met hierdie volk iets sal doen wat hulle sal skok. Hulle sal nie weet wat gebeur nie. Die slim mense wat dink hulle weet alles, sal nie verstaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom gaan Ek hierdie volk skok deur een na die ander ongehoorde ding te doen. Hulle geleerdes sal gekke van hulleself maak en van al hulle kennis sal net mooi niks oorbly nie. |