Isaiah 29:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die visioen van almal het vir julle geword soos die woorde van 'n boek wat verseël is, wat 'n mens oorgee aan 'n geleerde, deur te sê: Lees tog dit; en hy sê: Ek kan nie; want dit is verseël:
Afrikaans (NLV) 2011 Die openbaring van toekomstige gebeure is ’n verseëlde boek vir hulle. As jy dit gee vir mense wat kan lees, sal hulle sê: “Ons kan dit nie lees nie, want die boek is verseël.”
Afrikaans 1933/1953 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.
Afrikaans 1983 Elke openbaring is nou vir julle soos die woorde in 'n verseëlde boek: jy gee dit vir iemand wat kan lees en jy vra: “Lees dit asseblief vir my,” en hy sê: “Ek kan nie, die boek is verseël.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir julle het die openbaring van al hierdie dinge geword soos die woorde van 'n verseëlde boekrol, wat hulle gee aan iemand wat kan lees, en sê: “Lees dit asseblief!” Dan sê hy: “Ek kan nie, want dit is verseël.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou kan julle nie verstaan wat die Here vir julle sê nie. Dit is soos 'n boek wat toegemaak en verseël is. Jy gee dit vir iemand wat kan lees, en jy sê vir hom: “Lees asseblief wat in die boek geskryf is,” en hy sê: “Ek kan dit nie lees nie, want die boek is verseël.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele openbaring is nou vir julle soos ’n boek wat verseël is. As jy dit vir iemand gee wat kan lees, sal hy sê: “Ek kan dit nie lees nie; die boek is met ’n seël toegemaak.”