Isaiah 29:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE het die gees van diepe slaap oor julle uitgegiet en julle oë gesluit; die profete en julle owerstes, die sieners het Hy bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het ’n diep slaap oor julle laat kom. Hy het die oë toegesluit van julle profete en sieners. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë -- die profete -- toegesluit en julle hoofde -- die sieners -- toegebind. |
| Afrikaans 1983 | want die Here het julle in 'n diep slaap laat wegsak: die profete moes julle oë wees en die sieners julle koppe, maar julle oë is nou toe en daar is 'n doek oor julle koppe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die Here het 'n gees van diepe slaap oor julle uitgestort, Hy het julle oë, die profete, gesluit; julle koppe, die sieners, het Hy bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle is so, want die Here het julle gemaak soos mense wat slaap. Hy het julle oë en julle koppe toegemaak. Julle oë was die profete en julle koppe was die sieners. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want die Here het julle in ’n diep slaap laat val en die profete en sieners wat julle oë en verstand moes wees, se oë is toe en hulle verstand is benewel, sodat hulle niks sien en verstaan nie. |