Isaiah 29:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee Ariel, Ariel, die stad waar Dawid gewoon het! voeg julle jaar by jaar by; laat hulle offers slag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Verwoesting wag vir Ariël, Ariël, die Dawidstad. Jaar na jaar hou julle die feeste. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee Ariël, Ariël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring -- |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir Ariël, Ariël, die stad wat deur Dawid beleër is. Laat die jare maar op mekaar volg, laat die feestye hulle verloop neem, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee Ariël, Ariël, die stad wat Dawid beleër het! Laat jaar op jaar volg! Laat die feeste hulle kringloop volg! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: Dit sal sleg gaan met Jerusalem, die stad waar Ek wil vuurmaak, die stad waar Dawid sy tente opgeslaan het. Die jare kom en die jare gaan verby, en die mense in die stad hou aan om fees te vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerusalem, jy sal nog swaarkry, sê die Here, al staan die heilige altaar in jou en al is jy die stad van Dawid. Al hou julle jaar na jaar julle feeste op die regte tye, |