Isaiah 28:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie sal hy kennis leer? en wie sal hy die leer laat verstaan? hulle wat van die melk gespeen en van die bors onttrek is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê: “Vir wie probeer hy leer? Aan wie verduidelik hy sy boodskap? Is dit babatjies wat pas gespeen is, wat so pas van hulle ma’s se borste weggevat is?
Afrikaans 1933/1953 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
Afrikaans 1983 Hulle sê: “Vir wie wil Jesaja leer, vir wie wil hy die boodskap uitlê wat hy sou gehoor het? Ons is nie kinders wat pas gespeen is, wat nou net van hulle ma's se borste af weggevat is nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir wie wil hy dan kennis leer, vir wie die boodskap verduidelik? Vir hulle wat van melk gespeen is, van die borste afgehaal is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê: “Ons is nie klein kindertjies nie, hoekom wil Jesaja vir ons leer? Hoekom wil hy vir ons vertel wat die Here vir hom gesê het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle spot met my en vra: “Wie dink Jesaja miskien is hy dat hy ons wil kom leer? Wat kan hy ons vertel wat ons nie self weet nie? Dink hy ons is ’n klomp pap babatjies?