Isaiah 28:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het ook gedwaal deur wyn, en deur sterk drank is hulle uit die weg; die priester en die profeet het gedwaal deur sterk drank, hulle is verslind deur die wyn, hulle is uit die weg deur sterk drank; hulle dwaal in visioen, hulle struikel in die oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou is dit dronklappe wat Israel regeer! Die priesters en die profete slinger en waggel van al die wyn en sterk drank. Hulle maak dom besluite as hulle verantwoordelik moet optree.
Afrikaans 1933/1953 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
Afrikaans 1983 Maar ook die priesters en profete hier in Jerusalem slinger en waggel van dronkenskap; hulle slinger, hulle is beneweld, hulle waggel van die wyn en die drank; die profete slinger wanneer hulle gesigte moet uitlê, die priesters loop twee rye spore wanneer hulle regsbeslissings moet maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook hierdie mense slinger van wyn en waggel van sterk drank: Priester en profeet slinger van sterk drank, hulle is verwar deur wyn, hulle waggel van sterk drank; hulle slinger tydens 'n visioen, hulle steier tydens 'n uitspraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters en die profete is ook dronk. Hulle het wyn en bier gedrink en hulle loop val-val. Hulle weet nie wat hulle doen nie, hulle weet nie waar hulle is nie. Die Here wys vir hulle wat sal gebeur, maar hulle loop val-val. Hulle moet sê wat is reg, maar hulle kan nie regop staan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs die priesters en profete loop en slinger in die strate. Hulle is so dronk van die wyn en ander drank wat hulle drink dat hulle nie hulle ampspligte behoorlik kan uitvoer nie. Die profete is te beneweld om die visioene te verstaan wat die Here vir hulle gee en die priesters is so dronk dat hulle nie tussen reg en verkeerd kan onderskei nie.