Isaiah 28:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n gees van oordeel vir hom wat in die gereg sit, en tot krag vir die wat die geveg na die poort bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal aan hulle regters ’n begeerte gee om reg te spreek. Hy sal groot moed gee vir hulle soldate wat die stadspoorte beskerm.
Afrikaans 1933/1953 en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.
Afrikaans 1983 Hy sal aan dié wat reg moet spreek, 'n sin vir reg gee, Hy sal krag gee aan dié wat die aanval moet afslaan by die stadspoorte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal 'n gees van geregtigheid wees vir hulle wat gaan sit vir die regspraak, en heldekrag vir hulle wat die geveg terugdryf na die stadspoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal vir hulle leer om in die poort reg te besluit oor mense. Hy sal die mense sterk maak wat die vyande moet keer wat in die stad wil inkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die regters wat die hofsake moet hanteer, sal Hy ’n sin vir reg en regverdigheid gee en vir die soldate wat die stad teen aanvalle van buite moet beskerm, sal Hy moed gee.