Isaiah 28:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal die HERE van die leërskare vir die oorblyfsel van sy volk wees tot 'n kroon van heerlikheid en 'n sieraad van skoonheid,
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die Here die Almagtige, self Israel se kroon en eer wees. Hy sal die trots en vreugde wees van die oorblyfsel van sy volk.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal die HERE van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die Here die Almagtige die kroon wees, die krans waaroor dié sal roem wat van sy volk oor is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal die Here, Heerser oor alle magte, 'n sierlike kroon, 'n eervolle krans word vir die oorblyfsel van sy volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat oorgebly het van die volk van die Here, sal daardie dag trots wees op Hom, hulle sal trots wees op die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag sal die Here die Almagtige die Een wees oor wie sy volk sal roem. Soos mense met verwondering na ’n pragtige kroon kyk wat ’n koning dra, so sal die mense wat van sy volk oorgebly het, na die Here kyk.