Isaiah 28:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die heerlike prag wat op die top van die vet dal is, sal 'n bloeiende blom wees en soos die haastige vrugte voor die somer; en wanneer hy wat daarna kyk, sien, terwyl dit nog in sy hand is, eet hy dit op.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stad is in ’n vrugbare vallei, maar sy prag sal skielik verdwyn. Dit sal wees soos ’n ryp vy voor die oes. As iemand dit sien, sal hy dit vat en insluk.
Afrikaans 1933/1953 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.
Afrikaans 1983 dié krans van verwelkte blomme waaroor hulle roem, die stad hoog bokant die vrugbare vallei is soos 'n ryp voorvy: wie hom sien, pluk hom en kyk skaars na hom voor hy hom wegsluk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verwelkende blom, sy pragtige sieraad aan die bopunt van 'n vrugbare vallei, sal soos een van die vallei se vroeë vye voor die someroes wees. Dit is skaars in sy handpalm, of die een wat dit raakgesien het, sluk dit weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie stad wat op 'n berg is bokant 'n vrugbare vallei, hierdie mooi stad sal word soos 'n blom wat droog word en afval. Die stad sal word soos die eerste vy wat ryp word: Iemand sien die vy en hy pluk dit en sluk dit in.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die pragtige stad wat so hoog op die berg sit en afkyk op die vrugbare vallei is klaar besig om te verdwyn. Dit sal met Samaria gaan soos met die vroeë vye wat voor die somer ryp word: as iemand so ’n vy sien, pluk hy dit dadelik en eet dit op sonder om eers daaroor te dink.