Isaiah 28:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit kom ook van die HERE van die leërskare uit, wat wonderbaar is in raad en voortreflik in werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, is ’n goeie onderwyser. Hy gee die boer groot wysheid.
Afrikaans 1933/1953 Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.
Afrikaans 1983 Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook dit het sy oorsprong by die Here, Heerser oor alle magte. Hy voer 'n plan wonderbaarlik uit, Hy doen dit met groot vindingrykheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wonderlik dat die boer dit alles weet, maar die Here het ook dit vir hom geleer, die Here wat oor alles regeer. Die Here leer vir mense wat om te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al hierdie kennis kom van die Here die Almagtige af. Hy gee die beste raad en Hy sorg dat dinge reg verloop.