Isaiah 28:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die pype word nie met 'n dorsinstrument gedors nie, en 'n wawiel word nie op die komyn gedraai nie; maar die wurms word met 'n staf uitgeslaan en die komyn met 'n stok. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle oes ook nie alles op dieselfde manier nie. Hulle dors nie swartkomyn met ’n slee, of komyn met wawiele nie. Swartkomyn en komyn word met ’n stok uitgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout. |
| Afrikaans 1983 | Swartkomyn word mos nie met 'n slee uitgedors of komyn met wawiele uitgetrap nie. Swartkomyn en komyn word met 'n stok uitgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Swartkomyn word tog nie met 'n dorsplank gedors nie; en die wiel van 'n wa word nie oor komyn gerol nie. Nee, swartkomyn word met 'n stok uitgeklop, en komyn met 'n staf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boer trek nie 'n dors-slee of 'n dors-wa oor swartkomyn en komyn om die saadkorrels uit te kry nie. Nee, hy slaan die saadkorrels uit met 'n stok. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal tog nooit ’n swaar dorsmasjien gebruik om die fyn saadjies van die kruie in die hande te probeer kry nie. Hy gebruik ’n ligte stok om die saadjies mee uit te tik. |