Isaiah 28:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer hy die gesig daarvan duidelik gemaak het, gooi hy nie die wurms uit en gooi die komyn uit en gooi die hoofkoring en die gars en die rie in hulle plek in nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy grond gelyk gemaak het, saai hy mos swartkomyn en komyn, koring, gars en spelt, elkeen in sy eie akker. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is dit nie so nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant. |
| Afrikaans 1983 | As hy die grond gelyk gemaak het, saai hy mos swartkomyn en komyn, sit hy koring en gars in waar dit moet kom en spelt aan die kante. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal hy nie, as hy die oppervlakte gelyk gemaak het, swartkomyn strooi en komyn uitsaai, koring in rye plant, en gars waar dit hoort, en spelt aan die kant nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, wanneer hy die grond gelyk gemaak het, dan saai hy die saad. Hy saai swartkomyn en komyn en koring en sorghum en gars en spelt. Hy saai elke soort saad waar dit moet kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy die grond klaar voorberei en gelykgemaak het, begin hy mos om die verskillende soorte saad te saai. Die kruie saai hy in klein beddinkies. Op die groot lande saai hy die koring en die gars, en op die kleiner lande saai hy ander gewasse soos lusern. |