Isaiah 28:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moet julle dan nou nie bespot nie, sodat julle bande nie sterk gemaak word nie; want ek het van die HERE HERE van die leërskare gehoor 'n vertering, vasbeslote op die hele aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Hou op spot sodat julle straf nie nog groter is nie! Die oppermagtige Here, die Almagtige, het dit duidelik gemaak dat Hy julle land gaan verwoes.
Afrikaans 1933/1953 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
Afrikaans 1983 Staak julle ligsinnigheid sodat die bande nie nog stywer om julle getrek word nie! Ek het by die Here my God, die Almagtige, gehoor dat dit by Hom vasstaan: Hy gaan die hele land verwoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet julle dan nou nie soos spotters gedra nie; anders sal julle boeie nog stywer vas wees. Ja, ek het gehoor: Volslae vernietiging oor die hele land! Dit is bepaal deur my Heer, die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, julle moenie vir mekaar sê dit sal nie gebeur nie, want dan sal dit nog baie slegter gaan met julle. Ek het gehoor wat sê die Here, die Here wat oor alles regeer. Hy het klaar besluit, Hy wil die hele land verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Staak julle ligsinnigheid, anders gaan julle straf nog erger wees as wat ek gesê het. Die Here, die Almagtige, het reguit vir my gesê dat Hy vasbeslote is om die hele land te vernietig.