Isaiah 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE sal opstaan soos op die berg Perasim; Hy sal toornig word soos in die dal van Gíbeon, om sy werk, sy vreemde werk, te doen; en bring sy daad, sy vreemde daad tot stand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal skielik kom, met woede, soos Hy teen die Filistyne by Perasimberg gekom het, en teen die Amoriete by Gibeon. Hy sal kom om ’n vreemde, ’n ongewone ding te doen: Hy kom om sy eie volk te vernietig! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg P,rasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by G¡beon om sy werk te doen -- vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig -- ongehoord is sy daad! |
| Afrikaans 1983 | Soos by Perasimberg sal die Here Hom gereed maak, soos in die laagte by Gibeon sal Hy Hom in sy toorn voorberei om te doen wat Hy wil doen, om die taak te verrig waartoe Hy besluit het, en dit is iets vreemds wat Hy wil doen, dit is 'n uitsonderlike taak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, soos by die berg Perasim sal die Here opstaan; soos by die vallei in Gibeon sal Hy bewe van ywer om sy dade uit te voer – vreemd is sy dade – en om sy werk te doen – sonderling is sy werk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Here sal baie kwaad word en Hy sal kom. Hy sal kom soos Hy by Perasim-berg gekom het of soos Hy gekom het in die Gibeon-vallei. Hy sal kom om te doen wat Hy wil doen, en dit sal iets wees waarvan julle nie weet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net soos die Here by die berg Perasim die Filistyne in sy woede platgeloop het en by Gibeon die Ammoriete verslaan het, so kom die Here nou met sy volk afreken. So vreemd as wat dit klink, die Here sal doen wat Hy moet doen. |