Isaiah 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die bed is korter as wat 'n mens hom daarop kan uitstrek, en die bedekking smaller as wat hy hom daarin kan toevou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal nêrens kan wegkruip nie. Die bed wat julle gemaak het, is te kort om reguit daarop te lê. Die kombers is te smal om julle mee toe te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai. |
| Afrikaans 1983 | Die bed sal te kort wees om reguit op te lê, die kombers te smal om jou daarmee toe te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bed is immers te kort om op uit te strek, en die kombers te smal om jouself in toe te wikkel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand sal kan slaap nie. Dit sal wees soos wanneer jy wil slaap maar die bed is te kort, jy kan nie reguit daarop lê nie, en die kombers is te klein, jy kan jouself nie daarmee toemaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al julle planne sal niks help nie. Dit is soos die spreekwoord wat sê dit help nie om jou te probeer uitstrek op ’n bed wat te kort is of om jou behoorlik te probeer toemaak met ’n kombers wat te klein is nie. |