Isaiah 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die tyd af dat dit uitgaan, sal dit julle neem; want môre vir môre sal dit verbygaan, bedags en snags; en dit sal net 'n ergernis wees om die gerug te verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Keer op keer sal daardie vloed kom, môre na môre, dag en nag.” Hierdie boodskap sal angs bring vir julle.
Afrikaans 1933/1953 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.
Afrikaans 1983 Hy sal julle meesleur elke keer as hy kom, en hy sal dag vir dag kom, dag en nag. Dan sal dit louter verskrikking wees om die boodskap uit te lê wat ontvang is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Telkens wanneer dit verbykom, sal dit julle meesleur. Ja, oggend ná oggend, dag en nag sal dit verbykom. Dit sal net te verskriklik wees om die boodskap te verduidelik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die watervloed sal elke dag kom, dit sal oor julle stroom en dit sal julle elke maal wegspoel. Dit sal kom in die dag en in die nag. Almal sal skrik en bewe wanneer hulle hoor dit kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Weer en weer sal hulle aanval, sonder ophou, dag na dag, enige tyd van die dag of nag. Iemand wat hierdie boodskap verstaan, sal angsbevange raak.