Isaiah 28:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jou verbond met die dood sal tot niet gemaak word, en jou ooreenkoms met die hel sal nie bestaan nie; as die oorvloedige gesel deurtrek, dan sal julle daardeur vertrap word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kanselleer die ooreenkoms wat julle met die dood gemaak het. Julle ooreenkoms met die graf hef Ek op. As die verskriklike vyand aangestorm kom, sal julle in die grond vertrap word.
Afrikaans 1933/1953 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende g,sel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.
Afrikaans 1983 Julle ooreenkoms met die dood word opgehef, julle verstandhouding met die doderyk sal nie bly staan nie. Wanneer die vloed aangestroom kom, sal julle in hom ondergaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle verdrag met die dood sal nietig verklaar word, en julle ooreenkoms met die doderyk sal nie standhou nie. Wanneer 'n verswelgende vloed verbykom, sal julle 'n vertrapte moddermassa word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle ooreenkoms met die dood sal niks help nie. Wanneer die watervloed kom, dan sal dit oor julle stroom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal daar van julle sogenaamde ooreenkoms met die dood en julle onsterflikheid net mooi niks oorbly nie. As die aanvallers op julle afstorm, sal hulle julle met die grond gelykmaak.