Isaiah 28:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal oordeel tot die meetsnoer lê en geregtigheid tot die skietlood, en die hael sal die toevlug van leuens wegvee, en die waters sal die skuilplek oorstroom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal geregtigheid die maatlyn maak en reg die skietlood as norm. Die hael sal julle skuilplek van leuens laat omval, en die vloedwaters sal dit wegsleur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak geregtigheid die maatstaf, regverdigheid die toets. Die hael sal julle skuilplek van leuens uitwis, die water sal julle wegkruipplek wegspoel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek maak die reg 'n maatlyn en geregtigheid 'n skietlood. Hael sal die skuilplek van leuens wegvee, en water sal die wegkruipplek wegspoel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die mense toets en Ek sal kyk of hulle reg gedoen het en reg gelewe het. Julle dink julle leuens sal julle beskerm, maar wanneer die vyande soos 'n hael-storm kom, dan sal julle sterf, daar sal niks oorbly van julle nie. Julle leuens sal julle nie beskerm nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan die meetstok van reg en die waterpas van geregtigheid gebruik om julle bouwerk te toets. Julle dink julle mure is stewig, maar omdat dit op leuens gebou is, sal dit verkrummel soos wanneer ’n haelstorm deur ’n gebied trek en verwoesting saai. Omdat dit op bedrog rus, sal die vyand kom en soos ’n vloedgolf daaroor spoel. |