Isaiah 28:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen, 'n vaste fondament; wie glo, sal nie haastig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die oppermagtige Here: “Kyk, Ek gaan in Jerusalem ’n klip neersit, ’n granietsteen, ’n hoeksteen vir ’n vaste fondament. Elkeen wat op My vertrou, hoef nie weg te hardloop nie.
Afrikaans 1933/1953 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek lê 'n fondamentklip in Sion, 'n uitgesoekte klip – 'n kosbare hoeksteen as fondament gelê. Die een wat vertrou, hoef nie haastig weg te gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê die Here nou: “Kyk, Ek sit 'n klip neer in Jerusalem. Dit is 'n klip wat die mense sal toets, dit is 'n harde hoek-klip waarop iemand 'n muur kan bou. Die mense wat in My glo, sal veilig wees. Hulle sal nie vinnig moet vlug nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat oor alles regeer, het vir julle ’n boodskap: Ek lê ’n fondament in Sion en sit ’n hoeksteen van graniet daarop neer wat sterk en veilig is om op te bou. Iemand wat op die Here vertrou, hoef nie paniekerig te word en te vlug nie.