Isaiah 28:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat julle gesê het: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die hel is ons in ooreenstemming; as die oorvloedige plaag deurtrek, sal dit nie oor ons kom nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle spog: “Ons het ’n ooreenkoms gemaak om die dood te ontkom. Met die graf het ons ooreengekom. As die Assiriërs kom, sal hulle ons nie tref nie. Want ons het leuens ons veilige vesting gemaak, valsheid en bedrog ons skuilplek.”
Afrikaans 1933/1953 Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende g,sel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek --
Afrikaans 1983 Julle sê: “Ons het 'n ooreenkoms met die dood, ons het 'n verstandhouding met die doderyk; wanneer die vloed aangestroom kom, sal hy ons nie tref nie. Ons het die leuen ons skuilplek gemaak, ons kruip veilig weg agter die valsheid!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, julle sê: “Ons het 'n verdrag met die dood gesluit, met die •doderyk 'n ooreenkoms aangegaan. Wanneer die verswelgende vloed verbykom, sal dit ons nie bereik nie; want ons het leuens ons skuilplek gemaak, en agter bedrog kruip ons weg.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet luister, want julle sê julle het 'n ooreenkoms gemaak met die dood, en wanneer die watervloed kom, dan sal dit nie by julle kom nie. Julle dink julle leuens sal julle beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle loop en spog dat julle onsterflik is, dat julle ’n ooreenkoms met die dood het. Julle dink die vloedgolf van die aanvallers wat op julle afkom, kan niks aan julle doen nie omdat julle agter ’n muur van leuens en bedrog skuil, asof julle die dood kan uitoorlê.