Isaiah 28:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die woord van die HERE was vir hulle gebod op gebod, gebod op gebod; reël op reël, reël op reël; hier 'n bietjie, en daar 'n bietjie; sodat hulle kan gaan en agteruit val en gebreek en gevang en gevang word.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom gaan die Here weer met hulle praat. Hy gaan sê: Maak sus en maak so, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie en daar ’n bietjie! Hieroor sal hulle agteroorval, beseer en gevang word, en as ballinge weggevoer word.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
Afrikaans 1983 Die woord van die Here tot hulle sal nou wees 'n bietjie brabbeltaal hier en 'n bietjie brabbeltaal daar, sodat hulle sal struikel waar hulle ook gaan, verstrik sal raak, gevang en vernietig sal word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom sal die woord van die Here vir hulle wees: “ Saw lasaw, saw lasaw, kaw lakaw, kaw lakaw; 'n bietjie hier, 'n bietjie daar, sodat hulle gaan en agtertoe struikel, gebreek, verstrik en gevang word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou sal die Here weer met hulle praat. Hy sal aanhou om vir hulle te sê wat hulle moet doen. Hy sal dit doen totdat hulle agteroor val en seerkry, totdat die vyande hulle vang en hulle wegvat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom spel die Here nou sy boodskap vir hulle uit in heel eenvoudige taal, letter vir letter, woord vir woord, reël vir reël. Ten spyte hiervan sal hulle oor hierdie eenvoudige woorde struikel en val om nooit weer op te staan nie. Hulle sal gewond, gevang en met toue vasgebind word.