Isaiah 28:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan wie Hy gesê het: Dit is die rus waarmee julle die vermoeide tot rus kan bring; en dit is die verkwikking; maar hulle wou nie hoor nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir hulle gesê: “Hier kan julle rus! Hier kan julle die moeë mense laat rus. Hier is alles rustig.” Maar hulle het geweier om te luister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir hulle gesê: Die rus moet hier wees, gee hier vir die vermoeide rus, hier is die plek vir vrede! Maar hulle wou nie luister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat vir hulle gesê het: “Hier is die rusplek. Gee rus aan die een wat uitgeput is! Hier is die verposing.” Maar hulle wou nie luister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het voorheen vir sy volk gesê: “Hier is die plek waar julle kan rus, hier moet julle die mense wat moeg is, laat rus, hier kan julle veilig woon.” Maar hulle wou nie luister nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het vir sy volk rus en vrede in hierdie land belowe as hulle na Hom sou luister, maar hulle wou nie. |