Isaiah 28:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee die kroon van trots, die dronkaards van Efraim, wie se heerlikheid 'n verwelkende blom is, wat op die top van die vet valleie is van die wat oorweldig is deur die wyn! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verwoesting wag vir die stad Samaria, die trots en vreugde van Israel se dronklappe! Die stad is in ’n ryk vallei, maar sy prag sal skielik verdwyn. Verwoesting wag verseker vir daardie stad, die trots van die mense wat neerslaan van die wyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir Samaria, die kroon, die trots van die dronkaards van Efraim, die roem van die drankverslaafdes, die krans van verwelkte blomme, dié stad hoog bokant die vrugbare vallei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee die trotse kroon van die dronkes van Efraim! Dit is 'n verwelkende blom, sy pragtige sieraad aan die bopunt van 'n vrugbare vallei. Wee hulle wat deur wyn oorweldig is! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met die stad Samaria. Die mense van Efraim wat altyd dronk is, is trots op Samaria. Die stad is op 'n berg bokant 'n vrugbare vallei, en dit is 'n mooi stad. Maar dit sal word soos 'n blom wat droog word en afval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot krisis gaan Samaria tref, die trots van die dronk leiers van Efraim. Die stad wat hoog op die berg lê en afkyk op die vrugbare vallei se grootheid is aan die verdwyn, net soos die verlepte blomkrone op sy dronk leiers se koppe. |