Isaiah 27:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daardeur sal die ongeregtigheid van Jakob gereinig word; en dit is al die vrug om sy sonde weg te neem; as hy al die klippe van die altaar maak soos kalkstene wat stukkend geslaan is, sal die boomstamme en beelde nie opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So sal Israel se sondes versoen word. Die gevolg sal wees dat al die heidense altare tot stof verpletter word, en daar nie meer ’n Asjerapaal of wierookaltaar sal bly staan nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe, die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.
Afrikaans 1983 As Jakob al sy altaarklippe fyn stamp soos 'n mens 'n kalkklip fyn stamp, as hy nie gewyde pale en wierookaltare vir sy afgode oprig nie, sal daar versoening wees vir sy oortreding, sal sy sonde van hom af weggeneem word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, op hierdie manier word versoening gedoen vir die sondeskuld van Jakob; en dít sal die uitkoms wees van die wegneem van sy sonde: Wanneer hy al die altaarklippe laat word soos kalkklippe wat stukkend geslaan is, sal die asjeras en wierookaltare nie langer bly staan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, as die mense van Israel nou wil hê dat die Here hulle sonde moet vergewe, dan moet hulle al die altare stukkend slaan. Hulle moet dit fynslaan soos wanneer 'n mens kalk-klip fynstamp. Daar moenie meer gewyde pale en wierook-altare wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Deur hierdie lyding sal daar versoening kom vir Israel se sonde. Maar eers as Israel al hulle afgodsaltare afbreek en die klippe fynmaal tot stof en daar geen wierookaltare of vroulike afgodspale oorbly nie, sal al hulle sonde vergewe word.