Isaiah 27:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met maat, as dit uitskiet, sal jy daarmee twis; hy keer sy harde wind op die dag van die oostewind.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar vir Israel het Hy net uit hulle land verban met ’n storm wat hulle na die ooste weggewaai het.
Afrikaans 1933/1953 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.
Afrikaans 1983 Die Here het sy volk gestraf deur hulle te verjaag en weg te dryf. Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur haar prys te gee, haar weg te stuur, het U telkens met haar geworstel. Op die dag van die oostewind, het die Here haar met sy sterk wind weggedryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here straf die mense van Israel op 'n ander manier, Hy het hulle weggestuur uit hulle land. Toe die warm oostewind waai, het die Here hulle weggewaai met 'n sterk wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar vir Israel het Hy die straf baie ligter gemaak. Hy het hulle vir ’n ruk in ballingskap laat gaan, byna asof hulle deur ’n wind na die ooste toe gewaai is.