Isaiah 27:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal die wat uit Jakob kom, laat wortel skiet: Israel sal bloei en uitspruit en die aangesig van die wêreld met vrugte vul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tyd kom dat my volk sal wortelskiet. Israel sal bot en blom en die hele aarde met vrugte vul. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak. |
| Afrikaans 1983 | In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal groei en lote maak. Die aarde sal vol word van hulle vrugte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die tye wat kom, sal Jakob wortel skiet; Israel sal in bloei staan en uitspruit. Die oppervlakte van die aarde sal bedek wees met die opbrengs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tyd sal later kom wanneer die mense van Israel soos bome sal wees wat wortels het en wat blomme en vrugte dra. Die vrugte sal baie wees, die aarde sal vol vrugte wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die toekoms sal Jakob se nageslag wortelskiet soos ’n boom. Israel sal bloeisels maak en vrugte dra wat vir die hele wêreld voordeel sal inhou. |