Isaiah 27:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toorn is nie in my nie: wie sou die distels en dorings teen my opstel in die geveg? Ek sou deur hulle gaan, ek sou hulle saam verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 My woede teen Israel sal bedaar. As Ek dorings en dissels daarin kry, sal Ek dit verbrand.
Afrikaans 1933/1953 Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.
Afrikaans 1983 Ek is nie kwaad vir my wingerd nie. Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie. Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrap en heeltemal verbrand
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is nie meer woedend nie. As Ek doringstruike en onkruid sou vind, sou Ek 'n stryd daarmee aanknoop; Ek sou dit alles saam aan die brand steek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is nie meer kwaad nie, maar wanneer Ek dorings en bossies in my wingerd kry, dan trap Ek self die wingerd plat en Ek steek dit aan die brand, en ook die dorings en bossies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nie meer kwaad vir my wingerd nie. As my volk se vyande kom en soos dorings en onkruid probeer om my wingerd toe te groei, sal Ek hulle verbrand.