Isaiah 27:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag sal die groot basuin geblaas word, en hulle sal kom wat gereed was om te vergaan in die land Assirië en die wat verdryf was in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid in die heilige berg by Jerusalem op.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die groot trompet geblaas word. Baie wat besig was om dood te gaan in ballingskap in Assirië en Egipte, sal terugkom Jerusalem toe om die Here te aanbid op die heilige berg.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal daar met 'n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die groot ramshoring geblaas word. Dan sal almal aankom wat in Assirië verstrooi was, ook dié wat na Egipte toe verjaag is. Hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal daar op 'n groot •ramshoring geblaas word; en hulle wat verlore is in die land Assirië, en verdryf is na Egipteland, sal kom. Hulle sal voor die Here in aanbidding buig op die heilige berg in Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal iemand die groot ramshoring blaas. Al die mense van Israel wat oral in Assirië en Egipte is, sal kom en hulle sal voor die Here buig op die gewyde berg in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag sal daar op ’n groot trompet geblaas word. Dan sal almal wat na Egipte toe verjaag is en almal wat in Assirië verlore geraak het, weer terugkom na hulle eie land toe. Dan sal hulle die Here die Almagtige weer op sy heilige berg in Jerusalem aanbid.