Isaiah 27:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag sal die HERE van die kanaal van die Nyl af slaan tot by die spruit van Egipte, en julle sal een vir een versamel word, o kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog sal die tyd kom wanneer die Here die Israeliete een vir een bymekaar sal maak soos graan, met die hand uitgesoek. Hy sal julle na sy dorsvloer bring, van die Eufraat in die ooste tot by die stroom van Egipte in die weste.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal die HERE vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en julle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die Here sy oes inbring van die Eufraat af tot by die grens van Egipte, en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal die Here are uitslaan, vanaf die stroom van die Rivier tot by die Spruit van Egipte. Julle, Israeliete, sal soos are opgetel word, een vir een.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar, mense van Israel, eendag sal die Here julle bymekaarmaak van die Eufraat-rivier tot by Egipte-spruit. Hy sal julle optel soos 'n mens koring-are optel, Hy sal een na die ander optel, nie almal saam nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar daar kom ’n tyd waarop die Here die Israeliete weer bymekaar sal maak, van die Eufraat af tot by die stroom wat die grens met Egipte vorm. Hy sal hulle een vir een gaan haal soos wanneer ’n mens in die oestyd die koring en die kaf van mekaar skei en dan die koringkorrels sorgvuldig bymekaarmaak.