Isaiah 27:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As sy takke verdroog is, sal hulle afgebreek word; die vroue kom en steek hulle aan die brand; want dit is 'n volk sonder verstand; daarom sal Hy wat hulle gemaak het, hulle nie ontferm nie, en Hy wat hulle gevorm het, betoon hulle geen guns nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense is soos dooie takke van ’n boom wat afgebreek en gebruik word vir vuur onder die kookpotte. Israel is ’n onnosele klomp mense. Daarom sal die Een wat hulle gemaak het, geen genade betoon nie. Hulle Skepper sal hulle nie jammer kry nie.
Afrikaans 1933/1953 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is 'n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.
Afrikaans 1983 Die droë takke word afgebreek, vrouens kom en maak vuur daarmee. Israel is 'n volk sonder begrip van wat Ek doen. Daarom sal sy Maker hom nie langer liefhê nie en sal sy Skepper hom nie genadig wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer haar takke verdroog het, sal hulle afgebreek word; vroue sal kom en dit aan die brand steek. Ja, dit is nie 'n verstandige volk nie; daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie, sal die Een wat hulle gevorm het, geen genade aan hulle betoon nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die bome se takke is droog, vroue breek dit af en hulle maak vuur. Dit het gebeur met die mense van Israel. Hulle wou nie lewe soos die Here wou hê nie, daarom was hulle Maker nie jammer vir hulle nie. Hy is nie meer goed vir hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die takke verdroog aan die bome en die vroue breek dit af vir vuurmaakhout. Israel verstaan niks; daarom het hulle nie teruggekeer na die Here toe nie. Dit is waarom God, wat hulle gemaak het, hulle nie meer jammer kry of Hom oor hulle ontferm nie.