Isaiah 27:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die beskutte stad sal 'n wildernis wees en die woonplek verlate en agtergelaat word soos 'n woestyn; daar sal die kalf wei, en daar sal hy gaan lê en sy takke verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel se versterkte stede sal stil en leeg wees, die huise sal leeg staan, soos in ’n woestyn. Vee sal daar wei. Hulle sal die takke kaalvreet.
Afrikaans 1933/1953 Want die versterkte stad is eensaam, 'n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.
Afrikaans 1983 Die versterkte stad lê verwoes: 'n plek sonder inwoners, verlate soos die woestyn. Dáár wei net kalwers, en hulle vreet wat daar groei, en dáár gaan hulle lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, 'n stad wat versterk was, lê eensaam, 'n weiveld wat versaak en agtergelaat is, soos 'n woestyn. Kalwers wei daar, en daar gaan hulle lê; hulle verwoes haar lote.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Israel moet die altare stukkend slaan, want die stad is nou alleen, die stad wat die sterk mure het. Daar woon nie meer mense nie, dit is so leeg soos die woestyn. Daar wei beeste wat die bossies vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die versterkte stede lê verlate en stil, die huise staan leeg en die strate is toegegroei met gras. Daar sal vee in strate wei en aan die takkies en grassies vreet en in die skaduwee van die struike lê en herkou.