Isaiah 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal die HERE besoeking doen met sy swaar en groot en sterk swaard oor die Leviatan, die deurdringende slang, die Leviatan die krom slang; en hy sal die draak wat in die see is, doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die Here met sy groot, skerp swaard die Leviatan straf. Die Leviatan, kronkelende draak van die see, sal Hy doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Levi tan, die vinnige slang, en oor die Levi tan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal die Here met sy wrede en groot en sterk swaard rekenskap eis van Leviatan, die vinnige slang, van Leviatan, die kronkelende slang. Die monster wat in die see is, sal Hy doodmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal die Here die vinnige slang doodmaak. Hy sal die Leviatan doodmaak, die slang wat rondswem, die monster in die see. Die Here sal sy skerp, groot, sterk swaard vat en Hy sal die slang doodkap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag sal die Here sy gevaarlike, skerp swaard gebruik om die vyand te straf, die kronkelende waterslang wat in die diepsee woon, die seemonster.