Isaiah 26:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met my siel het ek U begeer in die nag; ja, met my gees in my sal ek U vroeg soek, want as u oordele op die aarde is, sal die bewoners van die wêreld geregtigheid leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is.
Afrikaans 1933/1953 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Afrikaans 1983 In die nag smag ek na U, in die môre vra ek na u wil. Wanneer U die aarde straf, leer sy inwoners wat geregtigheid is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met my hele wese smag ek na U in die nag, ja, my gees in my binneste soek na U. Want wanneer u oordele die aarde tref, leer die bewoners van die wêreld wat reg is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek verlang na U met my hele hart, ook in die nag, en ek soek na U. Wanneer U die Regter is en U straf die mense, dan leer U vir hulle om reg te lewe op die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs in die nag verlang ek na U. Ek kan nie wag vir die môre om te kom nie. As die wêreld na U luister, leer hulle wat regverdigheid beteken.