Isaiah 26:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hy laat die wat in die hoogte woon, neerwerp; die verhewe stad, Hy lê dit neer; hy lê dit neer, tot op die grond; hy bring dit tot in die stof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof. |
| Afrikaans 1983 | Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe, Hy gooi hulle hoë stadsmure om, Hy maak dit gelyk met die grond en laat lê dit in die stof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, dié wat hoog woon, die ontoeganklike stad, laat Hy tuimel. Hy haal haar neer, Hy haal haar tot die grond toe neer – Hy gooi haar neer tot in die stof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ons vyande laat afval van hulle hoë mure. Hy het hulle stad en die hoë mure afgebreek tot op die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het dié wat vol van hulleself is, verneder en hulle stad se mure met die grond gelyk gemaak. |