Isaiah 26:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou dooies sal lewe, saam met my dooie liggaam sal hulle opstaan. Ontwaak en sing, julle wat in die stof woon, want julle dou is soos die dou van kruie, en die aarde sal die dooies uitdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tog het ons dié versekering: Dié wat aan God behoort, sal lewe. Hulle liggame sal weer opstaan! Dié wat in die aarde slaap, staan op en sing van vreugde! Soos die dou lewe gee, so gee U krag tot lewe. Die aarde sal hulle wat gesterf het weer lewend teruggee.”
Afrikaans 1933/1953 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Afrikaans 1983 Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here, hulle sal opstaan. Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is! Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here, die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou dooies sal leef, Israel; hulle lyke sal opstaan. Word wakker en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n hemelse dou, en die aarde sal aan skimme geboorte gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die mense wat aan U behoort en wat gesterf het, sal weer lewe. Ja, julle wat nou dood is, wat in die stof van die aarde lê, julle wat daar in die doderyk is, julle moet wakker word en juig, want soos die dou uit die lug die plante laat groei, so sal die aarde die mense wat gesterf het, weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ons het darem hierdie troos: dié wat aan die Here behoort, sal opstaan en weer lewe. Die dooies sal opgewek word en van vreugde oor U jubel. Net soos die dou elke oggend nuwe lewe aan die aarde gee, so sal die Here dié wat lank reeds dood is, nuwe lewe gee.