Isaiah 26:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons was swanger, ons het pyn gehad, ons het as 't ware wind voortgebring; ons het geen verlossing op die aarde bewerk nie; ook het die bewoners van die wêreld nie geval nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons was swanger, en het inmekaargekrimp van pyn, maar ons het geboorte gegee aan wind. Ons kon nie die wêreld red nie. Daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons was swanger, het weë gehad -- dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons was swanger, ons het inmekaar gekrimp van pyn, maar ons het niks in die wêreld gebring nie: ons het nie 'n redder vir die land gegee nie, en daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons was swanger, het ineengekrimp, maar dit was asof ons aan wind geboorte geskenk het. Redding kon ons nie vir die land bewerk nie, die bewoners van die wêreld het nie geval nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons liggaam het krom gebuig soos 'n vrou wat 'n baba kry, maar daar het nie 'n baba uit ons gekom nie, daar het niks uitgekom nie. Daar het nie 'n redder uit ons gekom nie, en ook nie mense wat op die aarde kan woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ten spyte van die geboortepyne het ons nie geboorte geskenk nie. Ons het niks vir ons land gedoen of iets noemenswaardigs bereik nie. |