Isaiah 26:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos 'n swanger vrou wat die tyd van haar bevalling nader kom, pyn het en roep in haar weë; so was ons voor u oë, HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons is soos ’n swanger vrou wat inmekaarkrimp van pyn. Só, Here, was ons in u teenwoordigheid.
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
Afrikaans 1983 Soos 'n swanger vrou wat inmekaar krimp en skreeu oor haar geboortepyne wanneer sy 'n kind in die wêreld wil bring, so, Here, is ons in u teenwoordigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n swanger vrou wat op die punt is om geboorte te gee, ineenkrimp en uitroep in haar geboortepyne, so was ons vanweë u teenwoordigheid, Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons was soos 'n vrou wat 'n baba kry, dit was seer, ons het baie pyn gehad. Ons het gebid en gevra U moet ons kom help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voor U het ons soos ’n swanger vrou wat op die punt is om geboorte te skenk, gekerm en gekrul van die pyn.