Isaiah 26:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle is dood, hulle sal nie lewe nie; hulle het gesterf, hulle sal nie opstaan nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en hulle hele nagedagtenis laat vergaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat ons gedien het, is nou dood en weg. Hulle sal nooit weer terugkom nie! U het hulle gestraf en hulle vernietig, en hulle is lankal vergete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is nou dood en sal nie weer lewe nie, hulle gees sal nie weer opstaan nie. U het hulle gestraf en uitgewis, U maak dat niemand meer aan hulle dink nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dooies kan nie leef nie, skimme kan nie opstaan nie; daarom het U rekenskap geëis, hulle uitgedelg. Alle herinnering aan hulle het U uitgewis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander konings is dood en hulle sal nie weer lewe nie. U het hulle gestraf en U het hulle laat sterf, en niemand dink nou nog aan hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is dood en vergete, hulle tyd is vir altyd verby. U het hulle gestraf en hulle uitgeroei. Niemand kan hulle eens meer onthou nie. |