Isaiah 26:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) HERE, as u hand opgehef is, sal hulle dit nie sien nie; ja, die vuur van u vyande sal hulle verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 O Here, hulle luister nie wanneer U hulle dreig nie. Wys hulle dat U gretig is om u volk te beskerm. Miskien kry hulle dan skaam. Laat u vuur u vyande verteer.
Afrikaans 1933/1953 HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
Afrikaans 1983 U staan gereed om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom: laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk, laat vuur hulle verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, dat u hand opgehef is, merk hulle nie op nie. Die ywer vir u volk – laat hulle dit opmerk en beskaamd staan. Laat ook die vuur, bestem vir u vyande, hulle verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het u hand opgelig om hulle te straf, maar hulle sien dit nie. Here, wys vir hulle dat U lief is vir u volk. Laat u vyande in die vuur brand wanneer U kwaad word, sodat hulle sal weet hulle kan self niks doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U staan reg om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Verneder hulle, Here, laat hulle voel hoe dit voel as U met al u mag op hulle afkom; dan sal hulle agterkom hoe lief U vir u volk is.